Die getroude sangmaats, Wynand en Lindi Delport, oftewel die bekroonde duet paar ANDERS doen inderdaad dinge eiesoortig. 

Nou is dit amptelik. Met drie Ghoema musiek-toekennings is Anders gewis die beste kontemporere groep in Afrikaans.

Na drie jaar van getroud wees, is Anders gebore en begin die duo musiek skryf en op te tree. Hul eerste album #DinkLeefKlink sorg vir hul eerste Ghoema benoeming, en hul verwerking van die Juanita du Plessis treffer Ons Koning kom, word dadelik n gunsteling onder gemeentes en christelike radio stasies. Hulle tree daardie selfde jaar nog op by Gospel Skouspel. 

Hul tweede album, #Liefdesverhale, is n sekulere album waar hulle sing oor die liefde, hul is al immers 11 jaar getroud die jaar en skryf gereeld liefdesliedere oor en vir mekaar. Hul eerste enkelsnit Mooi vir my het die aandag van Sony/Select platebase getrek, en die groep teken hul eerste kontrak met hulle in 2014. Die album word weer benoem vir n Ghoema, en hul lied Die Pad word gekies as die Temalied vir die gewilde film Vrou soek boer. Die Pad is vandag nog n gunsteling by troues.

In 2015 gaan hulle onafhanklik en hanteer al hul eie opnames, vervaardiging, bemarking, en besprekings. Hulle word ook gevra om al die musiek, sowel as die temalied te skryf vir die film Knsyna. Die tema lied Knysna het n groot gunsteling geword, en so begin die duo skryf aan hul volgende album #EkOnthou. Weer word hulle benoem vir twee Ghoema toekennings , maar die keer wen hulle nie een nie, maar altwee vir Beste album deur n duo/groep, en Groep van die jaar. Hulle word ook saam met Elvis Blue en Andriette genomineer vir Album van die jaar, n groot eer. 

Na n paar jaar in die sekulere bedryf vind die getroude duo dit moeilik om te laat gaan van hul liefde vir Christelike aanbiddingsmusiek, en begin werk aan n gospel album. Dit het n hele paar jaar geneem vir hulle om die album te voltooi omdat gospelmusiek so na aan die hart is. Tot vandag toe nog is die duo betrokke by verskillende gemeentes en lei die aanbidding wanneer hul kans kry. Die album Bruid is September 2017 vrygestel, en verower vir hulle weereens die Ghoema toekenning, die keer vir Beste Gospel album. Hulle mede nominante was Juanita du Plessis, Retief Burger, Kevin Leo, en Manne wat Glo. 

Na honderde optredes regoor die land, van Gospel skouspel tot die Finesse matriek skip, het Anders bewys dat daar niks is wat hul nie kan doen nie. Hul fantastiese musikante wat deel van die orkes vorm, dra by tot n vuurwarm optrede elke keer. Baie geliefd in die industrie is hulle verseker, en is hier om te bly!

Ons nuutste video

Vir enige navrae kontak Leozelle Bekker by:

+27 74 643 5438

Leozelle.Bekker@umusic.com