Anders WEN 2 Ghoema Toekennings

Ghoema 2016

 

Anders was benoem vir “Groep van die Jaar” asook “Beste album deur ‘n duo of ‘n Groep”.  Hul stap weg by die 2016 Ghoema toekennings en wen altwee die kategorieë.  Hul word ook benoem in die ere-kategorie vir “Beste album van die Jaar”.

Vir meer inligting kontak ons hier.

April Press Release

Bank Small

Vanaf Maandag, 30 Maart 2015, is ANDERS gereed om die musikale reis van hul lewens in ‘n nuwe rigting te stuur – en dit boonop onder nuwe bestuur.

ANDERS, wat die Suid-Afrikaanse musiekbedryf betree het met hul debuut album ‘Dink Leef Klink’ en hul unieke klank en styl verder geneem het met die opvolg ‘#liefdesverhale’, is vanaf einde Maart onafhanklike kunstenaars. Na minder as twee jaar by Select Musiek (Sony), het die duo besluit om hul vlerke te sprei en hul eie ding te doen – net soos wat hulle kan!

“Ons is baie opgewonde oor die pad wat voorlê,” beklemtoon Wynand en Lindi Delport. “Soos met enige huwelik is die musiekbedryf nie altyd maanskyn en rose nie, en ons het tot die besef gekom dat ons regtig ons groep se naam in al sy uiterste vorms wil beleef – en daarom die besluit om onafhanklik van enige platemaatskappy te staan.”

Aanhangers van die gewilde groep kan nog hul musiek bestel by inligting@andersorkes.co.za, of deur hul webwerf te besoek by www.andersorkes.co.za – maar hulle gaan moet opskud: daar is ‘n derde album waaraan aanhangers eersdaags hul ore aan kan uitleen.

Black Ink Gorilla Logo BLACK 96Nog ‘n verandering in hul musikale loopbaan is die aanstelling van BLACK INK GORILLA as hul bestuurders. Samantha Hendricks, wat reeds die afgelope twee jaar aan stuur van ANDERS se sake staan, het onlangs kragte saamgesnoer met Ernst Swart om ‘n maatskappy te stig wat gemik is op die verskaffing van skeppende oplossings in die vermaakbedryf.

“Ek stap al ‘n lang pad saam met die Delports, en daarom is die besluite wat hulle neem om hul toekoms in die musiekbedryf te verseker nie vir my ‘n verrassing nie,” sê Samantha. “Met my as kommunikasiehoof van die maatskappy, en Ernst as die skeppende hoof, lê daar nog ‘n blink toekoms vir hierdie energieke en byderwetse sangpaar voor.”

Vir enige navrae, kontak gerus Samantha Hendricks, die hoof van kommunikasie by B.I.G., op 078 742 8925, of rig ‘n e-pos aan sam@blackinkgorilla.co.za

“Mooi vir my” Oppad na no1!

Mooi vir my - Jacaranda top20

Mooi vir my doen regtig goed en is al reeds op ‘n hele paar radiostasies se Top20’s.  Ons het regtig die hulp van al ons “fan’s” nodig… en nee ons bedoel nie daai tiepe “fan” wat jou lekker koel hou op ‘n warm dag nie, ons praat van jou.

Help ons ASB om “Mooi vir my” no1 te kry op die Jacarandafm se Afrikaanse Top20. SMS “Mooi vir my” na 37942

 

Ons is amper klaar met die Kitare!

Screen Shot 2013-06-20 at 7.59.07 PM

 

 

Ons het so ‘n goeie tyd in die studio, so lekker dat ons amper nie wil hê dit moet ophou nie.

 

Stefan Swart kry ongelooflike klank op alles wat ons inplug of hard slaan en ons kan net nie meer wag om die finale produk te hoor nie.

 

Wynand is nou basies klaar met al die kitare en volgende week begin ons die stemme op neem.  Waneer Wynand nie sing of kitaar speel nie, moet hy nog viool verwerkings skryf voor die opname begin Julie.

 

Ons besef gister dat ons album 1 Sept die winkel gaan binne vaar en dat dit die perfekte manier is om lente binne te tree.  September die maand van liefde, of is dit Februarie?

Screen Shot 2013-06-20 at 7.59.07 PM

Ons wil die hele proses met jou deel!

Screen Shot 2013-06-07 at 12.20.24 AM

Ons gaan die hele proses van die album vasvang op video en dit so gereel as moontlik oplaai.

Ons het so 2 kameras by vriende geleen en probeer so veel as moontlik “agter die skerms” vasvang.

Hou die webtuiste dop vir die nuutse Episode elke week, of volg ons op Twitter of Facebook om te sien as ons iets nuuts opsit.

Hier is ons Youtube Channel.  Geniet hom!

http://www.youtube.com/user/Annalog85?feature=watch

Maandag 10 Junie Begin ons met “Liefdesverhale”

Screen Shot 2013-06-07 at 12.30.06 AM

Dit was ‘n lang proses van skryf en liedjies kies, maar na omtrent 2 jaar se beplanning en hard bid is ons nou uiteindelik reg om op te neem.

Ons vaar die studio in Maandag en kan nie wag om die finale produk te hoor nie.  Dit is nog ‘n lang proses wat ons in die gesig staar, maar September 2013 sal “Liefdesverhale” die winkel rakke volstaan.