Anders WEN 2 Ghoema Toekennings

Ghoema 2016

 

Anders was benoem vir “Groep van die Jaar” asook “Beste album deur ‘n duo of ‘n Groep”.  Hul stap weg by die 2016 Ghoema toekennings en wen altwee die kategorieë.  Hul word ook benoem in die ere-kategorie vir “Beste album van die Jaar”.

Vir meer inligting kontak ons hier.

#EkOnthou is uit!

列印

Ons Nuutste album #EkOnthou is nou landswyd beskikbaar.  Winkels soos Musica, Look&Listen, Top CD en self Pick ‘n Pay sal verseker die album op hul rakke beskikbaar he.  Indien jy hom nie daar kry nie, kan jy hom altyd online hier op ons webtuiste bestel.

#Ek onthou is amper hier

列印

Julie en Augustus was baie besige maande vir ons.  Tussen al die getoer en die feit dat Wynand gewerk het aan die musiek van “Die Pro” film, het ons darem ook tyd gemaak om die album klaar te maak.

 

Ek Onthou is ons 3rde album en seker die een wat ons die trotste op is.  Hy bevat die treffers “Knysna” en “Ek het jou lief” uit die film “Knysna”.  90% van die liedjies kom weer uit Wynand en Lindi se pen en selfs Jason ons drommer het ook ingeklap vir ‘n lied.  Snitte wat uitstaan op die album is “Ek onthou”, “Lullaby”, “Seisoene” en “Jou Liefde”.

Hou jou naatste CD winkel dop vir wanneer #Ek Onthou die rakke slaan vroeg September.

April Press Release

Bank Small

Vanaf Maandag, 30 Maart 2015, is ANDERS gereed om die musikale reis van hul lewens in ‘n nuwe rigting te stuur – en dit boonop onder nuwe bestuur.

ANDERS, wat die Suid-Afrikaanse musiekbedryf betree het met hul debuut album ‘Dink Leef Klink’ en hul unieke klank en styl verder geneem het met die opvolg ‘#liefdesverhale’, is vanaf einde Maart onafhanklike kunstenaars. Na minder as twee jaar by Select Musiek (Sony), het die duo besluit om hul vlerke te sprei en hul eie ding te doen – net soos wat hulle kan!

“Ons is baie opgewonde oor die pad wat voorlê,” beklemtoon Wynand en Lindi Delport. “Soos met enige huwelik is die musiekbedryf nie altyd maanskyn en rose nie, en ons het tot die besef gekom dat ons regtig ons groep se naam in al sy uiterste vorms wil beleef – en daarom die besluit om onafhanklik van enige platemaatskappy te staan.”

Aanhangers van die gewilde groep kan nog hul musiek bestel by inligting@andersorkes.co.za, of deur hul webwerf te besoek by www.andersorkes.co.za – maar hulle gaan moet opskud: daar is ‘n derde album waaraan aanhangers eersdaags hul ore aan kan uitleen.

Black Ink Gorilla Logo BLACK 96Nog ‘n verandering in hul musikale loopbaan is die aanstelling van BLACK INK GORILLA as hul bestuurders. Samantha Hendricks, wat reeds die afgelope twee jaar aan stuur van ANDERS se sake staan, het onlangs kragte saamgesnoer met Ernst Swart om ‘n maatskappy te stig wat gemik is op die verskaffing van skeppende oplossings in die vermaakbedryf.

“Ek stap al ‘n lang pad saam met die Delports, en daarom is die besluite wat hulle neem om hul toekoms in die musiekbedryf te verseker nie vir my ‘n verrassing nie,” sê Samantha. “Met my as kommunikasiehoof van die maatskappy, en Ernst as die skeppende hoof, lê daar nog ‘n blink toekoms vir hierdie energieke en byderwetse sangpaar voor.”

Vir enige navrae, kontak gerus Samantha Hendricks, die hoof van kommunikasie by B.I.G., op 078 742 8925, of rig ‘n e-pos aan sam@blackinkgorilla.co.za